Loading...
Dit is Volbring 2017-06-30T23:33:41+00:00

OMSKEP JOU GEMEENTE

Vestig vaste fondamente

Pastoor, help jou mense om te verstaan hoe om te leef vanuit die afgehandelde werk van Christus, vanuit die ontdekking dat jy in Christus Jesus is, dat jy saam met Hom gesterf het en saam met Hom opgestaan het in ’n nuwe lewe.

Jou deelnemers sal ontdek dat…

Die Evangelie
wáárlik goeie nuus is – goeie nuus wat jóú insluit.

Christus aan die kruis
die prys namens jou betaal het – dat Hy kom doen het wat jy nooit self kon doen nie.

Jy nie meer ‘n sondaar
Is nie, omdat jy nou ‘n nuwe identiteit in Christus ontvang het.

Die afstand tussen
jou en God vir ewig gekanselleer is – want God het naby gekom.

Jy nie meer hoef
te presteer om God se aandag te kry en te probeer behou nie, want in Christus is jy meer as aanvaarbaar vir Hom.

Jy nie meer ’n slaaf
van skuld en skaamte hoef te wees nie, want Hy het jou finaal kom verlos.

Jy bekwaam gemaak
is om in dié lewe te heers.

Jy aan die ontvangkant
staan van sy genade.

Jy in ‘n intieme
persoonlike verhouding met God kan leef – sonder enige vrees of veroordeling.

Jy ‘n erfgenaam
van die Nuwe Testament is – elke belofte in die Skrif is ‘n realiteit hier en nou.

Jy met oorgawe
in die rus van God kan ingaan met die oortuiging dat sy Woord die vermoë het om dít te doen wat Hy beloof.

‘n agt week ontdekkingsreis

weeklikse temas…

1. Dit is Volbring! ; 2. God se groot geheim ; 3. Jy’s nie ’n sondaar nie ; 4. Bevry van my eie poging ; 5. Erfgename van ’n Nuwe Testament ; 6. Meng jy nog die ou verbond en die Nuwe Testament? ; 7. Christus is die sleutel ; 8. Betree die rus

opsionele bonus sessies…

9. Mý evangelie ; 10. Weg met skuld en skaamte ; 11. Leef soos ’n nuwe mens ; 12. God se gunsgenote

Die krag van meervoudige versterking

Deur middel van eredienste, kleingroep byeenkomste en moontlik ander fasette, gaan julle hele gemeente vir ʼn tyd lank fokus op dieselfde geestelike temas.

VIR EREDIENSTE
Elke naweek word die temas van die veldtog verder uitgebrei vir die hele gemeente deur ’n reeks spesiale eredienste wat op die veldtog fokus.

VIR GROEPSDEELNAME
Een van die kragtigste elemente van die veldtog is die weeklikse kleingroep byeenkomste. Dit bestaan uit ’n Bybelstudie sessie aangebied op DVD, gevolg deur besprekingsvrae waardeur die groep die beginsels op ’n diep vlak kan bespreek en toepas. Op hierdie wyse ervaar individue betekenisvolle gemeenskap met medegelowiges op dieselfde geestelike reis.

VIR INDIVIDUE
Individue bly die hart van enige veldtog. Elke individu ontvang daagliks ’n kort dagstukkie om deur te werk, of ’n “gedagte vir die dag” (via sosiale media) om te oordink. Hierdie persoonlike refleksie help individue om waarhede te internaliseer.

CAMPAIGN BASICS

Kenmerkende hoogtepunte

AGT WEEK VELDTOG

DEELNEMER WERKSBOEK
64-bladsy, volkleur werksboek per kleingroep deelnemer. Sluit in video sessie notas, kleingroep bespreking, individuele besinnings vrae en leesstukke.

KLEINGROEP ONDERRIG DVDs
8 kragtige onderrig sessies en 4 opsionele bonus sessies.

SUKSES GIDS
Riglyne vir die suksesvolle aanbieding van ‘n geestelike groei veldtog.

PREEK TOERUSTING
8 Alan Platt preke, met preek voorbereidingsnotas, preke volgstukke en PowerPoint lêers.

SOSIALE MEDIA INHOUD
‘n 30-dae bemarkingsveldtog en ‘n 8-week ‘Gedagte vir die Dag’.

BEMARKINGS HULPBRONNE
Bemarking PowerPoint, promosie video, pamflette, plakkate, grafika, persvrystelling en baie meer.

KOMPONENTE EN PRYSE

Hier is alles wat jy benodig

Elke kerk benodig: Een ‘Campaign Starter Kit’ + ‘n Kleingroep DVD Stel per kleingroep + ‘n werksboek per deelnemer. Kry die ‘Campaign Starter Kit’ spring weg van daar af.

Dit is Volbring Church Campaign

meng die opmaak van die tale soos jy verkies

Church Campaign Kit

sluit in… Afrikaanse Kleingroep DVD Stel (3 DVDs). English Small Group DVD Kit (3 DVDs). Een ‘Resource’ DVD met hulpmiddels om die veldtog spesifiek vir jou gemeente aan te pas, insluitend die Dit is Volbring logos, ‘n veldtog Sukses Gids, Preke, Bemarkings videos, Sosiale Media Inhoud, Pamflette, Plakkate, Advertensies, Grafika, Web baniere, PowerPoint lêers, Preek volgstukke, Persvrystelling en baie meer! Een oorspronklike ‘Church Campaign Kit’ per kerk.

Kleingroep DVD Stel

Drie DVDs. Agt sessies. Vier bonus sessies. Beskibaar in Afrikaans of Engels. Een oorspronklike Kleingroep DVD Stel per deelnemende kleingroep.

Deelnemer Werksboek

64-bladsye. Volkleur werksboek. Beskikbaar in Afrikaans en Engels. Een oorspronklike werksboek per deelnemer.

Voorbeeld werksboeke kan hier afgelaai word:

AFRIKAANS

ENGLISH

HOE OM TE BESTEL

Die wese van die Evangelie!

Jy word uitgenooi om saam op hierdie reis te gaan, na die grootste ontdekking wat die mens ooit kan maak – dat dit waarlik volbring is!

AANLYN HULPMIDDELS

Kry ondersteuning en nuttige hulpbronne

Dien u ondersteuningsversoek hieronder in. Vind ook nuttige hulpbronne.

CAMPAIGN SUPPORT

Vrae

Algemene vrae

Vinnige antwoorde op vinnige vrae

Kan ek die tale meng met die opmaak van my bestelling 2017-06-30T22:31:04+00:00

Ja. Meng die opmaak van die werksboek en kleingroep DVDs tale soos jy verkies.

Mag ek die werksboeke of DVDs dupliseer? 2017-06-30T22:31:23+00:00

Geen DVD of werksboek mag vir enige rede gedupliseer word nie.

Wat van vertalings en die ontwikkeling van my eie soortgelyke kursus 2017-06-30T22:31:47+00:00

Deur die materiaal te gebruik, onderneem u om die kopiereg ten volle te respekteer. Geen vertalings sonder skriftelike toestemming nie. U mag nie hierdie stel gebruik om ‘n kursus met ‘n soortgelyke titel of inhoud te ontwikkel nie, dws u eie weergawe daarvan.

Ek wil nie die kerkveldtog teen geborgde pryse doen nie. Waar kan ek die werkboeke en DVD’s afsonderlik koop? 2017-07-06T10:37:31+00:00

Vir gebruik buite die geborgde ‘church campaigns’, gaan na www.LifeChangeWarehouse.com en koop aanlyn, of skakel 011-782-4222 (+ 27-11-782-4222).

HOE OM TE BESTEL